Wit issie ’n colour nie

Nathan Trantraal

Artwork by Simone Rein

Wit issie ’n colour nie

Wit issie ’n colour nie. Wit isse religion. Soes religions die wêreld oo wôd it vi jou gevoer, soese potjie Purity, wanne jy nog ’n kind is. Eendag, wanne jy oud genoeg is om te vestaan, maak jyrie boek oep en oppie eeste blaai lies jy die storie van hoe Jan van Riebeeck die Kaap geskep et. As jy die boek vêrre lies lee jy vannie groot oolog wat was, tien ie Ingelsman, en vannie groot oolog wat nog kom, tien ie swat man: wanne die swat man gan beslyt ommie wit man en sy werke, om alles wat mooi en goed is, vi eens en vi altyd te destroy.

Innie boek lee jy van die groot profete: Malan, Verwoerd, P.W. Botha (in sommige apocrypha is Eugène Terre’blanche oek ’n gesalfde profeet). Die profete lee vi jou dat ‘die wittes uitverkorenes is’. Hulle describe die volk as ‘mense wie se hare nie kroes is nie en wie se vel lig is.’ Die boek lee ôs dat ‘swartmense diere is en dus hoef jy hulle nie beter of slegter te behandel as hoe jy enige ander diere behandel nie’. Die boek sê ‘die swartes makeer nie huise nie, hulle hou van in hokkies bly en het jy al ooit ’n hond sien kla hy bly in ’n hok?’ Die boek sê dat ‘al die mooiste strande vir die eksklusiewe gebruik van wittes is’. Die boek sê dat ‘daar sekere bankies is waarop slegs witmense mag sit’. Die boek contain strict taboos: ‘Jy mag nie uit dieselfde koppie drink soos jou swart bediende nie.’ ‘Dit is ’n skande vir ’n wit man om kaffirwerk te doen,’ etc. Die boek contain oek ’n hele paa archaic customs, onne annere: ‘Betaal ’n hotnot met wyn, hy verkies dit bo geld.’

Dai issie Ou Testament.

Innie Niewe Testament, wat geskryf was in 1994, lies jy van Nelson Mandela ‘wie sy lewe opgeoffer het vir ons almal se sondes.’ Die anne groot profete innie Niewe Testament is Desmond Tutu, Oliver Tambo en FW De Klerk, die latter ’n figure wie baie historians gloe eintlik innie Ou Testament behoot. Innie Niewe Testament lee ôs dat vegifnis die way vorentoe is, nie land redistribution en reparations ie. Innie Niewe Testament lee Mandela ôs dat die ‘ou wette nie meer van toepassing is nie’ en dat ‘almal, ryk en arm, swart en wit, by dieselfde deure in en uit mag stap.’

Wit, soes alle religions, wôd transmit vannie ouers narie kinnes en vannie kinnes na hulle eie kinnes. Daa is dai mense wie vi iewag een ding gloe, maa daa is oek mense wie die goed wat hulle gelee was as kinnes afskud en vi hulleself begin dink. Maa soes baie mense wie ees geloewig was, byg witmense hulle knieë en reik yt narie ou geloef wanne die wêreld daa byte te donke begin raak.

Ek haat ie mense met blonde hare nie. Ek haat ie mense met ligte vel ie. Ek haat ie mense met blou oë en groen oë nie. Ek haat ie colours ie. Ek haat wit. Wit issie ’n colour nie, wit isse religion.


Kleinbaas

Eendag, toe die lyk van apartheid nog oppe slab innie morgue gelêrit, het my parents decide ôs gan bietjie beach toe. My ma wil Clifton toe gegan et omdat sy net die helfte vannie beach al gesien et en altyd gewonneret oorie anne kant. Ek dink sy wil gewiet et wattit soe special maak dat it off-limits was vi haa. Vi my wassit ’n novel experience omdat ek nog nooit soe naby witmense wassie, ek dink actually dai was die eeste kee dat ek witmense van naby gesien et. My ma en pa het rondgestap oppie beach en ek en my broes en sustes het oppie swings gan speel wat innie kiddie park by die beach was.

Agtena het my ma naby ôs oppe bankie kom sit while my pa gan swem et. Nie te lank ie toe kom daa ’n klein wit meisie, ’n bietjie jonger as my, ek skat sy was sieke soe ses of siewe jaa oud, daa angewals. Sy het gestop, ôs virre paa oomblikke angekyk, haa confusion apparent op haa gesig. Maarie confusion hettie lank gehou nie.

‘Julle kleurlinge mag nie op hierdie kant van die strand speel nie, dis ons se kant hierdie,’ sê die kind indignantly. My ma het vegiet dat it ’n klein kind is wie obviously nie die memo gekry et dat legalized discrimination ’n ding vannie veliede issie en het vi haa gesê dat sy haa trug op in haa ma se poes sal skop. Die meisie se parents, wie daa naby gesit et, het haa, essentially, desert. Hulle hettie vi my ma gesê sy mag ie virrie kind soe sê nie. It het soe half die impression create van twie liberal parents wat al vi jare suffer onne die oppressive thumb van hulle conservative, racist toddler. My ma en pa was nooit political mense nie, maa ek is nog altyd surprised dat nie een van hulle al opgeslyt was during apartheid ie, wan van wat ek kan afly het hulle meestal hulle gedra soes mense wie nie besef is apartheid ie. My ma pride haaself oppie feit dat sy nog nooit in haa liewe vi ienagge ieman ‘baas’, ‘kleinbaas’ of ‘mêrrim’ gesêretie. Sy het een kee my broe ampe gemoer omdat hy vi die wit vrou vi wie my ma gewêk et ‘mêrrim’ geroep et. My pa pride homself wee oppie feit dat die boere met wie hy by Spoornet gewêk et hom nooit kan gevriet et ie.

My pa en ma is nou alle hele paa jare geskei. Hy bly in een van dai erg ghettos waa jy in constant danger is as jy nie vi ammel ken wie daa bly nie. In my pa se straat het daa ’n wit man gebly wat die countless opportunities wat institutional racism die wit man gegie et geneglect et en opge-einderet inne township, soes een wie die hele vraestel voorie tyd gehad et maa nog altyd refuse et om virrie eksamen te study. Ek wietie of ienagge ieman sy regte naam gekennitie maa ammel het simply na hom toe refer as Die Boer. Die Boer, soes meeste vannie anne mense in my pa se straat, wasse alcoholic. Nieman het omgegie dat hy wit wassie. Jy kan anyway maa net nog an sy accent gehoorit dat hy wit was, Die Boer was soe afgerêm dat hy maa net gelyk et soese arm coloured met blou oë. Eendag, wat ek my pa help die exterior van sy hys paint, kom Die Boer daa angestap en vra vi my pa of hy nie vi hom ’n screwdriver het om te lien ie. My pa ken Die Boer al vi jare, soe ek wietie hoekom hy beslyt et vandag gannie dag wies dat hy gan onthou Die Boer isse wit man nie.

‘Ek hette screwdriver maa ek willie it vi jou gie nie. Gan vra vi De Klerk ’n screwdriver,’ sê hy vi Die Boer.

‘Ice’, sê Die Boer, deeply offended, ‘ek vra jou mossie ’n kak ding ie, man, ek vra jou ’n regte ding.’

Ek wietie hoe hulle die conversation gehooritie, maa daa begin skielik ’n klomp neighbours orals yt te pop, soes characters inne Disney animated musical, en skrie goed soes:

‘Jy, Boeta Ice! Jy moet respek wys vi dai man, dai sal jou baas gewieset anne dag.’

‘Wys respek, dai isse wit man!’

‘As die nou apartheid was ha was jy nou lankal opgeslyt!’

Ammel staan en lag vi die powerless wit man, wie vegiet et dat hy wit is. Ek staan oppie leer en paint vêder en kry vi Die Boer jamme, en dink, ‘Die mense is nogal onnorag om soe te wies’. Maa dan onthou ek wee dai wit meisie op Clifton beach en ek dink: ‘Fok Die Boer.’


Dit was ’n dag wat ek nooit sal vergeet nie

Dit was ’n dag wat ek nooit sal vergeet nie.

Ek praat van dai opstelle wat ôs geskryf et innie eksamen toe ek nog in stanned 8 was. Ek was nogal goed in Afrikaans op skool. Afrikaans en Engels was, in fact, die ienagste vakke wat ek altyd geslaag et. Ek sit innie eksamenlokaal en flick dee my memories soese photo-album en kyk vi iets watte teacher sal tevriede stel. Oppie ou einde beslyt ek om maa virrie menee ’n note te skryf en te vedydelik dat al my dae ‘wat ek nooit sal vergeet nie’ some form van violence of psychological abuse gan entail en ek dinkie ek hettie krag om nog ’n opstel te skryf oo hoe lekker dit was by die strand en hoe my pa agterna die dag moes red toe Buks, ons hond, platgeslaan was deur ’n tamaai brander ie. Wan ôs hettie ’n hond genaamd Buks gehad ie, ôse hond se naam was Brandsiek, wan hy het permie brandsiek gehad, en innie unlikely event dat ôs hom saam beach toe sal gevat et, en hy innie wate in gehaloepet en begin vesypet sal dai die laaste van hom gewies et, wan ek kannie swem ie en my pa sal net daa gesit et en gesêret: ‘As hy kan inhaloep moet hy sieke maa kan ythaloep.’

Die nice ding daavan om te decide jy gan nie mee participate ie though, is dat jy kan lê met jou kop oppie bank en assie teacher wie invigilate se rug gedrai is, kan jy stilletjies die analphabetic cunt ookant jou vra om sy opstel te sien. Die laitie ookant my was Warren Fowler, maa ôs het hom Mr Fowler of ‘Vader’ geroep omdat hy 21 geraak et in stanned 6. Mr Fowler dryp elke jaa Afrikaans en as jy Afrikaans dryp, dan kan jy maa al jou anne vakke slaag, jy dryp nog altyd die jaa. Om jou hystaal te dryp was, om ôse Afrikaans menee te quote, ‘ ’n gruwel in die aangesig van God.’ Wat of course ironic was, wan Afrikaans wassie ôse hystaal ie. In fact, die Afrikaans wat ôs op skool gedoen et het nette passing resemblance gehad tot die Afrikaans wat ôs byrie hys gepraat et. Ek hoef net an Mr Fowler te dink sywer Afrikaans byrie hys praat dan begin ekke laughing fit kry wat maak dattie menee omdrai en my ankyk asof ek altyd in eksamenlokale lag, maa ek sak my kop en hou my lag in, wan ek soekie nou die menee op my case ie, ek wil ees Mr Fowler se opstel lies, wan dan gan ek rêrag ie my lag kan inhou nie, en dan gan hulle miskien my vraestel opskee en my ytie eksamenlokaal sit. Dan kan ek vroeg hystoe fokof.

Mr Fowler kyk my suspicious an wanne ek hom roep, maa ek promise hom ek is klaa met my opstel en ek wil hom help, ek gan vi hom ’n paa lines skryf. Mr Fowler is desperate om dié kee stanned 8 te slaag soe hy gie maa vi my sy opstel, met soe ’n defeated look op sy gevriet, wat maak dat ek beslyt ek gan maa rêrag vi hom ’n paa lines skryf. Dan kan hy miskien maklik 10 yt ’n 100 kry. Ek lies Mr Fowler se opstel.

’n Dag wat ek nooit sal vergeet nie

Ons biere mense. Ons biere mense is goeie mense. Ons speel grag sam. Ons bere mense braai gerelt dat eet ons almal die lekernye. Ek hou baie van ons bure mense. Ons biere mense het 2 seens ons lag leker sam terwuil ons baljaar op die strant. Dit was ’n dag wat ek nooit sal virgeet nie.

Yt ’n possible 400 woore het hy net gemanage om 64 te produce, maa elke line isse faultless manifestation van stupidity, soes le mot juste vi morons. Mr Fowler kan sense hy hette mistake gemaak om vi my sy opstel te gie wan ek lê met my kop op my arms soes een wie slaap, maa my body ruk uncontrollably soes een wie hyl of lag. Ek wiet hy wil vi my iets sê maa die teacher staan tussen ôs.

Wanne die teacher na die vooste ry toe stap, roep Mr Fowler my saggies: ‘Jy jou nai, waavoo lag jy?’, maa hy het self lag in sy stem, wan hy wiet hy is kak dom. Dan sê hy wee lag-lag: ‘Jou nai, jy wiet mos ’n man kannie die kak doenie, skryf ’n paa stukkies haa, jou ma se poes, moenie soe wiesie.’ Ek was al een kee saam Mr Fowler by sy hys, wat ôs saam skool gebunk et. Sy neighbours oo wie hy innie opstel skryf kannie die mense wies wie ek gemeet et ie, nie unless Mr Fowler ’n double life lead ie. Hulle wasse klomp alcoholics en druggies. Hulle het loud music gespeel enne kis bier gedrink oppe Woensdagoggend, die heeltyd vi ôs oorie die muurtjie geskrie: ‘Kom syp julle naies!’ Die vrou vannie hys het vi ôs gesê:

‘Kom, kom, julle fokkit op dái kant dan fok ôs it op dié kant.’ Hulle een suun was dood, die anne drie was innie tronk vi moord, soe ek wiettie wanne hulle en Mr Fowler soe lekke gebaljaar en gelag et oppie strand ie. Ek sit en hou die blaai dop en decide, okay, ek sal maa iets skryf vi Mr Fowler, wannie cunt sit en kyk my an asof hy ’n brood se geld by my soek. Vi some reason issit makliker vi my om vi Mr Fowler ’n opstel te skryf as vi myself en ek jot die ding inne paa minute nee.

’n Dag wat ek nooit sal vergeet nie

Toe ons klein was het ons familie gereeld strand toe gegaan, al die neefs en niggies en ooms en tannies.

My ma se broer, wie ’n Rastafariër is, was gewoonlik aangestel om na die kinders te kyk. My Rastafariër-oom het altyd op sy hurke gaan sit, vêr genoeg sodat die water hom nie kan bereik nie, maar naby genoeg sodat hy ons vinnig sou kon uitduik, indien nodig. Ek het nooit gedink dis eienaardig dat hy so houtgerus kon sit terwyl al die kindertjies in en uit by die branders hardloop nie, omdat ek klein was, en natuurlik gedink het dat ek onsterflik is, maar ook omdat ek geglo het dat die grootmense altyd in volle beheer was.

Tussen die rotse, waar die water vlak was, was daar altyd ’n waatlemoen en ’n kis bier wat staan en koud word. Ek kan myself nou nog sien: kaalbolyf in my onderbroek, my neus vol soutwater en snot, my tone vol nat sand, uitasem van resies hardloop vir nog ’n skyf waatlemoen. Laasgenoemde was vir my altyd die hoogtepunt van die dag, selfs beter as die braaivleis. Ongelukkig was daar gereeld ook ’n laagtepunt. Al die grootmense behalwe my ma, en een of twee ander, was altyd reeds vroegdag smoordronk. Mense begin baklei en dan soek iemand ’n mes. Ek het nooit gedink dis eienaardig dat my pa, my tannies en ooms altyd ontsettend baie gedrink het op ons uitstappies na die see toe nie. Omdat ek opgegroei het tussen grootmense wie baie gedrink het was dit ook vir my heel normaal. ’n Uur of wat later was alles altyd weer piekfyn, dan speel ’n oom kliphard musiek in sy motor terwyl almal dronk slow dance.

Op een uitstappie was daar ’n familie wie nog harder partytjie gehou het as ons familie. Toe dit byna tyd was om huis toe te gaan toe roep my oom vir my: ‘Kyk, daai dronklap gaan sowaar van die rotse af duik.’ Die kêrel het direk op sy kop beland en was dood voor die branders hom kon wegspoel.

Ek gie vi Mr Fowler die blaai an, hy kyk it vi vyf minute an, dan vra hy my: ‘My broe watte kak is die?’ Ek gie nie vi hom antwood ie. Ek sak my kop oppie bank, ek wiet hulle gan hom nul gie vi dai opstel, hulle gannie ees omgie dat it impossible is dat Mr. Fowler it self geskryf et ie. Maa dais cool wan ek haat die Afrikaans teachers. Ek haat hoe hulle vi ôs force om boeke te lies van Dalene Mathee en poetry van DJ Opperman. As ek dai name sien dan wil ek virrie teacher vra, ‘Wat het die shit met my te doen, ek gie nie ’n fok om oo Ogilvy Douglas ie, Ogilvy Douglas isse cunt.’

Elke kee as die menee sy rug drai roep Fowler my, ‘My broe, maak die kak reg, man.’ Ek dink by myself: ‘Fowler, jou dom poes, jy was perfectly happy met dai kak wat jy geskryf et, hoe kan wat op dai blaai staan vi jou ’n problem wies?’ Ek raak skielik annoyed met Mr Fowler, ek wil hê hy moet recognise dat ek iets geskryf et wat vi hom iets moet beteken, ek wil hê hy moet moved wies. Maa die ungrateful cunt dink net die heeltyd annie feit dat hy wee stanned 8 gan moet oo doen. Ek snap en sê vi hom had, dat ammel kan hoo: ‘Jy, Fowler jou dom nai, gie die ma se poes trug as jyritie gan gebryk ie.’ Hy sê: ‘Naai, is orait is bieter as niks.’ Ek staan op en stap na sy bank en gryp ie blaai en sê: ‘Ek gan nou die kak opskee’, maa Mr Fowler sê: ‘Naai my broe, lossie blaai, moenie ’n nai issie’, maa dan kom die menee en sône om ienagge iets te sê, vat hy my vraestel en hy vat Fowler se vraestel en trek twie moerse rooi lyne oo altwie en gooirit op sy tafel. Dan drai hy om en sê: ‘Reg manne, julle kan maar loop, ek gee julle die res van die dag af. Julle kan sommer môre ook wegbly, sê ek het julle toestemming gegee.’

Jare later, toe ek self Afrikaans en Engels geteach et by my ou high school, toe sê ek eendag vi my Afrikaans-klas: ‘Skryf vi my iets oo waa jy vandaan kom, en skryf it soes jy praat.’ Hulle het my net angekyk asof ek befok is. It het about drie klasse gevat om hulle te convince om net te doen wat ek vi hulle fokken sê, dat hulle nie hoef te vestaan hoekom ekkit sê nie. Ek was amazed deerie shit wattie laities geskryf et, horrified en saddened dee meeste vannit. Toe ek later ie dag met my vakhoof sit en merk en vi haa vetel vannie opstelle wat my klas geskryf et, vannie drugs ennie seks ennie violence, vannie abuse ennie trauma, toe sê sy as ’n kind vi haa sukke goed skryf, dryp sy hulle onmiddelik.

‘As jy skryf dan moet jy jou verbeelding gebruik, as jy wil praat oor daardie goed moet jy met die voorligting-onderwyser gaan praat, die Afrikaans-klas is nie die plek daarvoor nie.’


Around the corner from anywhere

Ek stap gou na antie Betsy se hyswinkel toe, en soes altyd vra Charlie my ees ’n faaibob en as ek sê ek hettie dan vra hy my virre vyf rand. Charlie isse buttonkop, sy kop lyk soes quicksand wattie res van sy gesig ingesluk et. Is warm maa Charlie dra ’n wol mussie wat jou warm maak as jy net hana kyk. Hy jak ’n geel, fake Calvin Klein sweater en jeans wat soese leerbroek lyk van vylgyt. Hy hette paa safety boots an, wat ironic is wan Charlie wêk ie. Hy kry disco. Dai is Charlie van piel tot tone, soes hy sal sê.

Ek sê vi Charlie: ‘Ja, ek gan gou my onnelyfie vekoep, dan bring ek jou die vyf rand.’

Die habitual loafer in sy imitation Calvin Klein t-shirt, die scrap collector agterie trollie mettie afgetrapte maa genuine Adidas, die meisies wie innie straat met hulle iPhones stap tewylie drains innie pad ooloep; die incongruities is soe striking soes it commonplace is. Is funny hoe die twie wêrelde mekaa meet, hoe die profit motive alle meetings moontlik maak.

Ek kom byrie hyswinkel an, die lyn is lank. Well, issie rêrag ’n lyn nie, nette klein crowd wat voorie venste staan. Oppie een muur is daa ’n groot sign wat sê ‘Betsy’s Tuckshop’ annie een kant en ‘Coca-Cola’ annie anne kant. Een ding van Coca-Cola, hulle hustle knows no limits. Hulle het lankal besef dat die ghetto alle soot opportunities vi free advertising offer. Orals waa jy stap innie township sien jy misspelt name oppie rooi en wit signs wat pryk oppie hyse van mense wie dink Coke doen hulle ’n moerse favour, wan jy wil mos oek darem hê jou winkel moet soes ’n regte biesagheid lyk.

Ek en my broe het altyd gelag as ôs vannie trein af klim by Lavistown stasie. Omriede van daa wasse moerse Virginia billboard oppie stasie (‘The wine for men who enjoy being men’). It was al billboard innie Lavis, ’n wyn advertisement soe groot dat it gequalify et assie eighth wonder of the world. Dai wassie grootste waste van marketing geld, though. As Virginia hulle homework gedoenet sou hulle besef et dat nieman die mense van Lavis need om te convince om te drink ie.

‘Twie brode, ’n liter melk enne pakkie Rothmans’, sê ek vi Jethro.

Jethro dra net Nike en Adidas. Sy ma maak hyswinkeltjie geld, groot geld vi arm mense. Jethro isse eager participant innie one-upmanship van logos. Hy isse true believer innie unholy gospel van name brands, die soot van pesoon wie anne laities soe insecure lat voel oo hulle appearance dat hulle begin drugs vekoep vi drug dealers soedat hulle oek overpriced leisure wear kan afford.

Ek kyk vi Jethro in sy navy-blue Nike hoodie mettie celebrated tick boe sy hart en dink, despite myself, ‘Dais ’n kak cool top.’




Click here to read poetry by Nathan Trantraal from the Winter 2017 issue.